Ek het groot geword op 'n plattelandse dorpie, my ouers het nie juis geld gehad nie so moes maar my bes doen om iewers in die lewe te kom. In 1984 het ek gaan studeer op Stellenbosch nadat ek 'n beurs gekry het. Ek moes egter maar tevrede wees met n fiets. In my derde jaar het ek egter 'n Toyota Corona gekoop vir R5000.00. Wat n ongelooflike kar was dit nie. Ek het orals gery waar ek wou wees. Elke naweek huistoe (120km), self sover as Upington sonder enige probleme ooit. Winter/somer as ek die sleutel draai het hy gevat !!