Studente Staatmaker!!
Ek het groot geword op 'n plattelandse dorpie, my ouers het nie juis geld gehad nie so moes maar my bes doen om iewers in die lewe te kom. In 1984 het ek gaan studeer op Stellenbosch nadat ek 'n beurs gekry het. Ek moes egter maar tevrede wees met n fiets. In my derde jaar het ek egter 'n Toyota Corona gekoop vir R5000.00. Wat n ongelooflike kar was dit nie. Ek het orals gery waar ek wou wees. Elke naweek huistoe (120km), self sover as Upington sonder enige probleme ooit. Winter/somer as ek die sleutel draai het hy gevat !! Die Corona is nooit eers gereeld gediens nie, net petrol ingegooi en die water/olie gekyk. Dit was nooit eers nodig om olie in te gooi nie, aangesien hy glad nie olie gebruik het nie. Die vertoueling het my deur die universiteit bygestaan totdat ek in 1992 my Meestergraad behaal het aan die Universiteit. Ek het n nuwe loopbaan begin en gevolglik was my eerste nuwe motor 'n Toyota Corolla 160i Sprinter. Hoe dan ook nou anders ? Die voertuig het ek vir amper 10 jaar gery, ook geen probleme nie. My beste vriend het hom by my oorgekoop en ry hom steeds vandag. Na die Corolla het ek in 2001 , MR2 gekoop, daarna, 2003, Rav4 1800 5D, 2006 Rav 2.0L GX, 2009 Rav 2.0 VX.
Ek het ry vandag nog die MR2 op spesiale dae, die motor het nou 70 000Km gedoen en is perfek. Die RAV 4 VX is my motor wat ek elke dag gebruik. Ek sal nooit 'n ander voertuig as 'n TOYOTA ry nie. Die gemoedsrus en betroubaarheid wat ek uit my eerste kennismaking ontvang het, het TOYOTA deel van my loopbaan/lewe gemaak.








Post new comment